MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier Mary Domingo, wat in Tarkastad-omgewing gebore is, het onlangs haar 82ste verjaardag gevier.
Sy word beskryf as 'n saggeaarde mens van min woorde wat baie lief is vir haar kinders en familie.
Mary is geseënd met ses kinders waarvan drie dogters en een seun nog met haar is asook 11 kleinkinders en nege agterkleinkinders.
Haar gunsteling tydverdryf is lees en televisie kyk en die belangrikste aspek in haar lewe is haar verhouding met God. Mary se grimering en hare is altyd goed versorg en sy geniet dit om mooi aan te trek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'