Update
MOSSELBAAI NUUS - Twee mans wat die afgelope naweek deur die gemeenskap op Mosselbaai, Highway Park aangerand is nadat die 21-jarige Wilton Januarie Saterdag met ‘n skerp voorwerp doodgesteek is, sal vandag, op Maandag, 21 Junie deur die polisie ondervra word.
Die gemeenskap van Highway Park het die twee verdagtes aangerand kort nadat Januarie in ‘n Mosselbaaise hospitaal aan sy wonde beswyk het.
LEES: Inwoners neem reg in eie hande na moord
Polisiewoordvoerder, sersant Kappie Kapp sê die twee verdagtes is na die aanranding met verskeie beserings na ‘n hospitaal op Mosselbaai afgevoer.
Die verdagtes is intussen ontslaan en word by die polisie se aanhoudingselle aangehou.
Kapp sê die omstandighede van die moord word ondersoek en niemand is nog in hengtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'