GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Twee mans is gisteraand 31 Desember, kort na middernag, op 'n strand by Tergniet, Groot-Brakrivier aangeval.
Polisiewoordvoerder kst Laurianne Botha sê die klaers was besig om na vuurwerke te kyk, toe hulle deur twee verdagtes aangerand is.
"Die voorval is aangemeld maar geen saak is gemaak nie."
Op sosiale media het Munro Via geskryf: "'n 16-jarige seun en sy oom is op 'n strand by tergniet aangeval terwyl hulle na vuurwerke gekyk het. Een van die mans is ongeveer 28 jaar oud. Nadat hulle die seun en sy oom aangerand het, het hulle gesê hulle gaan nog mense op die strand aanval. Die seun se klere is van sy lyf geskeur en sy oom se brille is afgeslaan. Het iemand hierdie aanvallers gesien?"
Meer inligting oor die voorval is nie tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'