Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Verdagte wat op Saterdag, 30 Julie uit die aanhoudingselle van die Mosselbaai-polisiestasie ontsnap het, is vanoggend weer in hegtenis geneem.
Die verdagte, Ruwayne Melvin Botha het tussen 17:00 en 18:00 Saterdag ontsnap.
Die polisie se kommunikasiebeampte, Kaptein Malcolm Pojie sê die omstandighede Botha se ontsnapping word ondersoek.
Botha is in hegtenis geneem in verband met beweerde diefstal. Hy is vanoggend op Mosselbaai weer deur die polisie aangekeer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'