Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n 37-jarige man wat agt jaar na die wrede verkragting van ‘n 4-jarige meisie gearresteer is verskyn vandag op Maandag, 15 Januarie in die Mosselbaai Landdroshof.
‘n Enkele haar het die verdagte met die misdaad verbind.
Volgens polisie het die resultate van DNS monsters wat destyds na 'n labratorium gestuur is, lank geneem weens 'n agterstand met forensiese toetse.
Polisie sê die verdagte het ook nie agt jaar gelede ander verkragtingsake teen hom gehad het, maar nadat sy bloed getrek is en dit in die polisie databasis opgeneem is, kon hy positief met die enkele DNS monster verbind word.
Intussen is die verdagte ook positief verbind met twee afsonderlike verkragtings in 2010 en 2011.
Die nuwe aanklagte van verkragting sal vandag op die klagstaat bygevoeg word.
Lees 'n vorige artikel: Haar verbind verdagte 8 jaar na verkragting
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'