MOSSELBAAI NUUS - Die polisie is Maandag, 26 Junie, na die informele nedersetting, Marikana, in Pakitastraat, KwaNonqaba ontbied nadat 'n liggaam van 'n man gevind is.
Die voorval het ongeveer 09:00 plaasgevind.
Die liggaam van die 33-jarige, Thanduxolo Sibozo, is gevind en is op die toneel dood verklaar. Volgens ao Kappie Kapp, polisie woordvoerder, toon die voorlopige ondersoek dat die Sibozo doodgeskok is.
Hy het vermoedelik op 'n lewendige draad, wat gereeld tussen informele nedersettings aangelê word, getrap. Volgens die KwaNoqaba-Polisie is 'n geregtelike nadoodse ondersoek dossier geopen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’