Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - 'n Paar dae ná die byna-verdrinkingsvoorval van die 18-jarige Monisha Francis by Souwesia tussen Suiderkruis en Tergniet op Saterdag, 27 Januarie, het 'n 31-jarige man omstreeks 12:00 vandag, Sondag 4 Februarie, in dié omgewing verdink.
Polisiewoordvoerder, Sersant Laurianne Botha, het aan die Mossel Bay Advertiser bevestig dat gesinne van Blanco die dag by Souwesia deurgebring het toe die voorval plaasgevind het.
Volgens voorlopige inligting het die 31-jarige man in die moeilikheid beland, waarna 'n 26-jarige man ingegaan het om hom te help. Die 31-jarige was egter reeds agter die branders. Die 26-jarige man het ongedeerd uitgekom.
Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’