MOSSELBAAI NUUS - ‘n Saak van strafbare manslag word deur die Da Gamaskop-polisie ondersoek nadat ‘n 25-jarige man gisteroggend, op 19 Januarie in Boltonstraat, Voorbaai met sy bromponie verongeluk het.
Volgens die polisie se kommunikasiebeampte, Ao Kappie Kapp was ‘n taxi by die voorval betrokke.
Die ongeluk het om ongeveer 07:50 plaasgevind en die man is op die toneel dood verklaar.
Die oorledene het by ‘n plaaslike motorfietshandelaar op Mosselbaai gewerk.
‘n Nadoodse ondersoek sal vandag gedoen word waarna die polisie die oorledene se identiteit bekend mag maak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'