Update
MOSSELBAAI NUUS - Die liggaam van 'n 38-jarige man is gister (Dinsdag 11 September) deur reddingswerkers van onder die Gouritsrivierbrug herwin.
Dit volg na 'n verlate voertuig gister op die brug oor die rivier op die N2 aangetref is.
Die Albertinia-polisie ondersoek die voorval.
Die presiese oorsaak van die dood sal deur Wes-Kaapse Forensiese personeel bepaal word.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Lees 'n vorige artikel: Grootskaalse soektog na brugslagoffer
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'