MOSSELBAAI NUUS - ‘n Man in sy 60’s is gister deur ‘n kerkganger duskant die parkeerterrein van die NG Kerk op Hartenbos raakgery.
Nog ‘n voetganger, ook ‘n man in sy 50’s is ook raakgery en word in ‘n hospitaal op Mosselbaai vir sy beserings behandel.
Volgens die polisie het die voorval om 10:20 nadat die kerk uitgekom het gebeur.
‘n Polisiewoordvoerder sê ‘n 85-jarige vrou het haar voertuig in trurat gesit waarna sy beheer oor die voertuig verloor het.
Sy het in die mans vasgery en ook twee voertuie in die voorval beskadig.
Die slagoffer is in ‘n hospitaal in George oorlede.
Die Da Gamaskop polisiestasie ondersoek ‘n saak van strafbare mansslag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'