MOSSELBAAI NUUS - 'n 29-jarige man van Danabaai is in 'n hospitaal opgeneem nadat hy en sy vrou om 03:30 vanoggend in hulle woning met 'n byl aangeval is.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die inwoners buite hul woning gesit het toe hulle die verdagte binne die woning betrap het.
Volgens die polisie was daar 'n konfrontasie waarna die slagoffer met die verdagte begin stoei het. Die slagoffer het 'n hoofbesering opgedoen waarna die aanvaller gevlug het.
Die KwaNonqaba-polisie ondersoek 'n saak van aanranding.
Enige persoon met inligting word versoek om sers Bob Kakaza te kontak (044 606 5609).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'