MOSSELBAAI NUUS - ‘n Nege-en-dertigjarige man het vandag, op Donderdag, 20 Mei vlugtig in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op ‘n aanklag van die moord op ‘n polisiebeampte van Mosselbaai se seun, Raiden James.
James is op 1 Mei, om 01:10 in Marlinstraat doodgeskiet.
Die polisie het ‘n ondersoekspan saamgestel en op Dinsdag, 18 Mei die verdagte, wie se identiteit nog nie bekend gemaak is nie, in Uitbreiding 13 in hegtenis geneem.
Die arrestasie is deur lede van die Da Gamaskop-speurtak onder leiding van Lt.kol Maurice van Egmond, die ondersoekbeampte in die saak, sers Deothine Vaas, ao Marizanne du Plessis en kapt Karel Cornelius uitgevoer.
James was die seun van Kapt Geoffrey Gordon van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe.
Die verdagte bly in aanhouding en die ondersoek duur voort.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'