Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n 19-jarige man is gister deur die polisie op Mosselbaai in hegtenis geneem in verband met die moord op die 21-jarige Rikus Raath.
Raath is op Saterdag, 5 Junie om 17:00 by die verkeerslig op Louis Fourieweg naby The Lofts met ‘n skerp voorwerp doodgesteek nadat hy melk by die Total vulstasie gekoop het.
Polisiewoordvoerder, kapt Malcolm Pojie sê die Da Gamaskop-polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur en die verdagte gisteraand in ‘n straat by JCC kamp vasgekeer.
Die verdagte het probeer weghardloop maar is deur die polisie gevang. Hy bly in aanhouding en sal op Vrydag, 11 Junie in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
Die polisie soek steeds na nog ‘n verdagte in verband met die moord. Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekbeampte in die saak, speurder, ao Juanita Burger te kontak by 044 606 2218.
Vorige artikel: Man (21) stabbed to death near Dias beach
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'