MOSSELBAAI NUUS - ’n Man van Kimberley is verlede Woensdag, 9 Julie, in Heiderand, Mosselbaai, in hegtenis geneem, vyf jaar nadat hy na bewering sy suster in Kimberley vermoor het.
Volgens die polisieverklaring op Donderdag 10 Julie is die verdagte (64) met die samewerking van die Da Gamaskop SAPD, Mosselbaai SAPD, die Wes-Kaapse Seegrenseenheid en die Noord-Kaapse Opsporingspan aangekeer.
Hy sal na verwagting binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Die Noord-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Koliswa Otola, het die interprovinsiale vennootskap wat tot die verdagte se inhegtenisname gelei het, geprys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’