Breaking News
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ‘n Plaaswerker is gisteroggend dood in ‘n trekker-ongeluk buite Groot-Brakrivier.
Polisiewoordvoerder, sers Laurianne Botha sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene saam met die drywer van die trekker na ‘n landery onderweg was, toe die trekker en die sleepwa omgeval het.
Die voorval het op ‘n plaas by Groot Sorgfontein om ongeveer 13:00 gebeur.
Botha sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat die drywer van die trekker wou omdraai om ‘n kapmes te gaan haal om kool te sny, toe die trekker omgeval het.
Die pad waarop die trekker gery het, was glo baie nou.
Die identiteit en ouderdom van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.
Groot-Brakrivier polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’