MOSSELBAAI NUUS - 'n Staffordshire-bullterriër is uit 'n bakkie gered wat vanoggend by 'n kloofagtige gebied op die Hammelkop-pad duskant Klein-Brakrivier afgery het.
Die hond se 75-jarige eienaar is op die toneel dood verklaar.
Die slagoffer het klippe vir sy tuin in Fraaiuitsig vervoer en volgens die polisie is die klippe deur die bakkie se ruit.
Die man is onder die klippe met verskeie kopwonde aangetref.
Volgens die polisie het die dierebeskermingsvereniging die hond van die toneel verwyder om vir skok behandel te word.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Volgens die polisie wag hulle vir 'n nadoodse ondersoekverslag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'