Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Man is vanoggend op Maandag, 20 Junie met brandwonde na 'n hospitaal op Mosselbaai afgevoer nadat daar 'n brand by Cliffs Auto Repairs in Gys Smalbergerstraat ontstaan het.
Die brand het om ongeveer 12:00 by die werkswinkel uitgebreek.
Volgens die polisie het bykans die hele werkswinkel deurgeloop. Die brand is intussen geblus en die oorsaak daarvan is nog nie bekend nie. Die voorval word ondersoek. Geen kriminele klagte is by die polisie aangemeld nie.
Vorige artikel: Brand by gebou op Mosselbaai
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'