MOSSELBAAI NUUS - 'n Man (33) is gisteraand omstreeks 18:30 voor die Jam Alley Tavern in KwaNonqaba vermoor, nadat 'n stryery uitgebreek het.
Volgens 'n ooggetuie, was twee mans in 'n stryery betrokke en het die verdagte die slagoffer met 'n mes gesteek.
Die verdagte, wat bekend was aan omstanders, het weggehardloop, maar is binne twee ure ná die moord deur die Suid-Afrikaanse polisie vasgetrek.
Die verdagte (28), sal binnekort op aanklag van moord, in die Mosselbaai landdroshof verskyn. Die kommunikasiebeampte van die KwaNonqaba polisiestasie, ao Kappie Kapp, het die gemeenskap geloof vir hulle hulp, wat gelei het tot die vinnige arrestasie van die verdagte moordenaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'