Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Vyf-en-sewentigjarige man, Trevor du Randt is op Donderdag, 30 Augustus in 'n motorongeluk naby Klein-Brakrivier dood.
Volgens die polisie het Du Randt se hond die ongeluk oorleef.
Woordvoerder sers Chantel Marais sê die slagoffer se bakkie het die Hamelkop-pad verlaat en in 'n kloof tot stilstand gekom.
Marais sê die bakkie het tuinklippe vervoer. 'n Staffordshire-bullterriër is in die wrak gevind en is deur die DBV weggeneem om vir skok behandel te word.
Marais sê hulle wag vir die verslag van 'n nadoodse ondersoek om die presiese oorsaak van Du Randt se dood te bepaal.
Du Randt is 'n inwoner van Fraaiuitsig.
Lees 'n vorige artikel: Man dood, hond oorleef ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'