Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die ATKV-tak See Uitsig het omtrent lekker saamgekuier toe veteraan-akteur, Cedwyn Joel verlede Saterdag, 28 Mei op Mosselbaai kom kuier het.
Joel het etlike jare op die verhoog en voor die kamera op sy kerfstok, maar is steeds soos die takvoorsitter Kappie Kap hom beskryf, 'n plat-op-die-aarde-mens.
"Ons het 'n wonderlike aand saam met Cedwyn gehad en veral die jongmense wat die geleentheid bygewoon het, het dit verskriklik geniet," vertel Kapp.
FOTO GALERY: Weskus Makiete met veteran-akteur Cedwyn Joel
Die bekende plaaslike gospelsanggroep, For Him waarvan Kapp 'n lid is, het ook tydens die geleentheid opgetree.
For Him in aksie tydens die Weskus Makietie. Foto: Julian Scholtz
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'