MOSSELBAAI NUUS - Madelein Cronjé, 'n inwoner van Huis Loural in Fonteine Park, Hartenbos, het op Dinsdag, 31 Oktober haar 92ste verjaardag gevier.
Madelein is in 1925 op Bergplaas gebore.
Sy het twee seuns, nege kleinkinders en 13 agterkleinkinders.
Madelein woon reeds die afgelope 30 jaar op Hartenbos.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'