MOSSELBAAI NUUS - Aanlyn-inskrywings vir Mosselbaai se eie Eisteddfod 2022 is nou oop en kan tot 5 Augustus gemaak word.
Behalwe musiek, woordkuns en visuele kunste, is daar hierdie jaar ook ‘n danskomponent wat menige danser se hart verbly.
Volwassenes is ook baie welkom om in te skryf, veral in die visuele, musiek- en woordkunsafdelings.
Beoordeling vind by Hoërskool Punt plaas. Die datums is soos volg: musiek 22 - 26 Augustus; woordkuns 29 Augustus - 3 September en dans, 7 September.
Die galafunksie word op 10 September gehou.
Die visuele kunsinskrywings moet voor 5 Augustus by Hoërskool Punt, vir aandag van die hoof van die musiekdepartement, ingehandig word.
Die ervare beoordelaars bestaan uit vier uitstekende kunstekenners: Philippus Hugo (musiek), Ilse Schmidt (woordkuns), Estelle McIllrath (kuns) en Joubert Jonker (dans).
Verdere inligting, sowel as ‘n kopie van die Mosselbaai 2022 eisteddfod-prospektus, is by Abé Meintjes (083 268 3718) verkrygbaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'