Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-streekhof moes Woensdag 17 September verdaag tydens die verhoor van ’n plaaslike pastoor nadat die klaagster se ma onder kruisverhoor emosioneel geraak het.
Die beskuldigde, Fostino Jacobs (60), hoofpastoor van die Lighthouse Assembly of God-kerk in Mosselbaai, word aangekla van agt verkragtings. Hy het onskuldig gepleit.
Volgens die klaagster het die beweerde voorvalle in 2021 plaasgevind, binne die kerkgebou.
Jacobs is in Oktober 2023 in hegtenis geneem en daarna op borgtog vrygelaat.
Tydens kruisondervraging het die klaagster se ma getuig dat haar dogter ná die beweerde voorvalle emosioneel ontstel geraak het en selfs uit frustrasie ’n venster uitgeslaan het.
Sy het verder aan die hof gesê Jacobs het persoonlik na haar huis gekom en erken dat hy haar dogter verkrag het, en om vergifnis gevra het.
Die ma het in trane uitgebars en kon nie voortgaan met haar getuienis nie, waarna die landdros die hof verdaag het.
Die saak is uitgestel na 27 en 28 November vir verdere kruisondervraging.
Vorige artikels:
- Mosselbaai-pastoor in hof op klagte van verkragting
- Rape trial of pastor enters second day
- Pastoor se saak uitgestel vir kruisverhoor
- Slagoffer van beweerde verkragting deur pastoor getuig agter geslote deure
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’