MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai volg leidrade op nadat 'n lid van die publiek op Sondag, 24 Maart op 'n liggaam agter die Van Riebeeck-stadion afgekom het.
Polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê die liggaam was reeds in 'n gevorderde stadium van ontbinding.
'n Nadoodse ondersoek sal na verwagting die week gedoen word.
"In hierdie stadium word geen gemene spel vermoed nie."
'n Dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geopen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Mosselbaai nuus'