MOSSELBAAI NUUS - Inwoners en vakansiegangers het die afgelope ruk 'n Louis Fourieweg vry van padwerke geniet, maar dít verander weer op 8 Januarie.
Volgens die Mosselbaai-munisipaliteit word 'n geleidelike afname in die aantal besoekers (en verkeer) waargeneem soos die vakansieseisoen tot 'n einde kom.
Met padwerke wat op 8 Januarie weer hervat word, is verkeersopeenhopings egter nie iets van die verlede nie, sê die munisipaliteit.
Tydens 'n vergadering met besigheidseienaars verlede jaar, het die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur gesê die einddatum vir dié padwerke is middel 2026.
Die begindatum vir die projek was Julie 2022 met die aanvanklike einddatum as September 2025. Weens verskeie faktore moes dié datum egter aangepas word.
Die departement het gesê die gemeenskap sal op hoogte gehou word van die projek se vordering.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’