MOSSELBAAI NUUS - Personeel van Oosthuizen Marais & Pretorius Prokureurs in Voorbaai neem met oorgawe deel aan Loslitdag, ondanks die koue.
Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdheid. Dis ‘n dag waarop almal gemaklik of sommer net verspot aantrek wanneer hulle werk toe gaan en die amptelike Loslitdag-plakker sal dra.
Stuur gerus foto’s van hoe Loslitdag vandag by jou kantoor, skool of besigheid gevier is, na mba@groupeditors.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'