MOSSELBAAI NUUS - Vanjaar is Loslitdag oudergewoonte met groot oorgawe gevier.
Die tema was "Kom ons vier ons diversiteit!" Die organiseerders het deelnemers egter die uitdaging gebied om die diversiteit, hetsy dit in kleredrag, kultuur of hoe ookal vergestalt is, met 'n tikkie groen uit te beeld.
Mosselbaaiers het nie op hulle laat wag nie en die dag het vir heelwat lighartige pret gesorg.
Loslitdag is 'n projek gemik op die insluiting van en billikheid jeens persone met gestremdhede. 'n Belangrike doelwit van Loslitdag is om 'n samelewing te bou wat nie net diversiteit omarm nie, maar dit aktief vier.
Die Grondwet van Suid-Afrika beklemtoon juis die regte van alle mense en bevestig die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid.
Geld wat ingesamel is met die verkoop van plakkertjies wat die paspoort was vir deelname aan Loslitdag word vir liefdadigheid aangewend.
Personeel van 'n bekende bank in die Mosselbaai Mall het die lente prettig op Loslitdag gevier.
Mosselbaai munisipaliteit se personeel in die finansies-afdeling het 'n tydjie ingeruim om die lente vrolik te verwelkom. Dié personeel het die 2017 tema van Loslitdag behoorlik uitgebeeld.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'