MOSSELBAAI NUUS - PetroSA sê die gas-tot-brandstofaanleg is ingelig oor die beweerde verkleuring van voertuie in die Suid-Kaap wat van loodvrye 95 petrol gebruik gemaak het.
Dit volg op klagtes van motoriste oor sogenaamde verkleuring van voertuie, wat na bewering soos verfvlekke lyk, wanneeer hulle die brandstof wat bekend staan as 'Mogas 95' gebruik.
Vulstasies in die suidelike dele van Suid-Afrika is verlede week gedwing om op te hou om die 'Mogas 95' te verkoop weens probleme met die brandstof.
Vulstasies is egter kort na die tydelike opskorting toegelaat om voort te gaan om die loodvrye petrol te verkoop.
Woordvoerder van PetroSA, Nonny Mashika-Dennison sê in 'n persverklaring PetroSA het intussen verskeie toetse op die spesifieke brandstofmonsters onderneem om te verseker dat die produk aan industriestandaarde voldoen.
Sy het bevestig dat dit inderdaad aan die standaard voldoen.
"PetroSA moedig die industrie aan om proaktief soortgelyke stappe te onderneem as deel van gerusstelling aan die publiek in terme van produkgehalte en veiligheid."
Mashika-Dennison het bevestig dat die produk veilig is om te gebruik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’