GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die AGS Greenhaven in Groot-Brakrivier vier vanjaar hulle 21ste bestaansjaar met die tema 21 Years of Grace.
Ter viering van hierdie mylpaal het hulle 'n opwindende program van feesvieringe en ander dankseggingsfunksies beplan vir die hele jaar.
Die volgende funksie op hierdie kalender is 'n dansfees wat gereël word deur die kerk se dansbediening onder leiding van Liticia Freeman.
"Dit gaan 'n wonderlike aand wees van lofprysing en aanbidding deur middel van dans. Daar gaan verskillende liturgiese dansgroepe uit onder andere Mosselbaai, George, Oudtshoorn, Groot-Brakrivier en Beaufort-Wes optree. Hierdie geleentheid vind op 6 Julie om 17:00 by die AGS-kerk in Greenhaven, Groot-Brakrivier plaas.
Toegang is gratis. Verversings sal te koop aangebied word.
"'n Ope uitnodiging word gerig aan elkeen om te kom deel in die kerk se viering van hierdie besonderse mylpaal."
Vir enige verdere navrae, kontak Liticia Freeman (072 856 3248) of past Leon Prinsloo (082 458 5430).
Die AGS Greenhaven vier vanjaar hulle 21ste verjaarsdag ook met 'n besonderse dansfees.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'