MOSSELBAAI NUUS - Met Wêreld-diabetesdag wat verlede Woensdag, 14 November gedenk is, het die Lions-klub van Mosselbaai gedurende die naweek 'n veldtog gehou waartydens, onder meer, lede van die publiek se bloedsuikervlakke gratis getoets is.
Die veldtog is by die Langeberg Mall aangebied in samewerking met verteenwoordigers van die Alma-kliniek in KwaNonqaba, asook die Eden Lions-klub. Gratis bloeddruktoetsing is ook gedoen.
Volgens die jongste navorsing, ly 415 miljoen mense wêreldwyd aan tipe 2-diabetes.
Hierdie getal het die afgelope 30 jaar verdubbel.
Diabetes word ook verbind met 'n verhoogde risiko om sekere kankers te kry en verlaag ook die pasiënt se kanse op oorlewing.
Hierdie bevinding is in Oktober vanjaar voorgelê op die jaarvergadering van die Europese Vereniging vir die Studie van Diabetes (EASD) nadat 450 000 mense met diabetes vir sewe jaar lank vergelyk is met twee miljoen ander mense.
Die Lions het hul veldtog by die Langeberg Mall aangebied.
Lions-klub van Mosselbaai toets lede van die publiek se bloedsuikervlakke.
"Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus."