MOSSELBAAI NUUS - Die geskiedkundige Harry Giddey Park, die middedorp se groen long, is volwaardig oopgestel nadat twee reuse bloekombome onlangs afgemaak is.
Een van die park se bruggies is ook sedertdien blitsvinnig herstel sodat lede van die publiek weer na hartelus die park kan besoek.
Die gemeenskap, asook besoekers word uitgenooi na een van Mosselbaai se kalenderhoogtepunte wanneer die dorp se feesliggies aangeskakel word.
Dié geleentheid vind op Saterdag 9 Desember plaas en die verrigtinge sal om 18:30 afskop.
Lede van die publiek kan reeds van 17:30 park toe kom om kosstalletjies te ondersteun.
Die amptelike program, wat onder meer optredes deur kunstenaars en geloofsleiers, asook Kerssang sal insluit, begin amptelik om 18:30. Die liggies word omstreeks 20:00 aangeskakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’