MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se feesliggies is gisteraand, 9 Desember, aangeskakel.
Die Liggiefees het by Harry Giddey Park plaasgevind waar verskeie geloofsleiers en plaaslike kunstenaars tydens die aanskakeling van Mosselbaai se feesliggies opgetree het.
Die liggies word jaarliks met groot sorg deur die munisipaliteit se elektriese afdeling voorberei.
In Groot Brak is ook feesliggies aangebring wat by die munisipale kantore te siene is.
Die aanskakel van die Kersfeesliggies is ‘n gewilde tradisie op Mosselbaai.
Tydens sy Kersboodskap het pastoor Marcell van der Merwe gesê die feestyd is ‘n “tyd van versoening”.
Daar is ook van die geleentheid gebruik gemaak om ‘n seëngebed vir nooddienste te doen, vir wie ‘n besonderse besige tyd voorlê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’