Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai doen ‘n beroep op die publiek om na vore te kom met inligting wat van waarde kan wees in ‘n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ‘n jong vrou gistermiddag by die sloepe op Mosselbaai uitgespoel het.
Polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê ‘n man het om ongeveer 16:00 by die Punt na die see gesit en kyk, toe hy iets by die sloepe in die water sien dryf. Hy het die polisie en die NSRI gebel.
Die polisie se duikeenheid en NSRI het die liggaam, ‘n blanke vrou met swart lang hare uit die water gehaal.
“Dit lyk soos iemand in haar laat tienerjare of vroeë 20’s. Sy het ‘n swart bikinitop aangehad en ‘n kort denimbroek.”
Die polisie krap tans kop oor wie die oorledene is.
“Geen vermiste persone of verdrinkings is by ons aangemeld nie. Ons het ‘n geregtelike doodsondersoek dossier geopen.”
Enigeen met inligting word versoek om die polisie te kontak by 044 606 2850.
Lees 'n vorige artikel: Liggaam spoel uit
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'