Update
MOSSELBAAI NUUS - Die liggaam van 'n man wat op Sondag,24 Maart deur 'n lid van die publiek agter die Van Riebeeck-stadion gevind is, is uitgeken.
Polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê die liggaam was reeds in 'n gevorderde stadium van ontbinding.
'n Nadoodse ondersoek sal na verwagting dié week gedoen word. "In hierdie stadium word geen gemene spel vermoed nie."
'n Dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geopen.
Die polisie wou nie meer besonderhede oor die man se identiteit bekendmaak nie omdat al die familie nog nie van die voorval ingelig is nie.
Lees 'n vorige artikel hier: Lyk gevind
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'