MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai het bevestig dat 'n liggaam vanmiddag naby die Punt in die see gevind is.
Volgens 'n polisiewoordvoerder is die polisie kort na middagete na die toneel ontbied.
Die stasiebevelvoerder van die Mosselbaai NSRI, André Fraser het bevestig dat sy lede op versoek van die Seegrens polisie-eenheid gehelp het om die liggaam aan wal te bring en aan die forensiese patalogiese eenheid te oorhandig.
Meer inligting was nie teen druktyd beskikbaar nie. Volgens bespiegeling op sosiale media is die liggaam dié van 'n vrou.
Dit kon egter nog nie bevestig word nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'