MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai het 'n dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek geopen nadat die liggaam van 'n man op Dinsdag, 3 September in die see by Kaai 4 uitgespoel het.
Volgens polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer het die man, in sy laat 30's vermoedelik verdrink. Koekemoer sê die omstandighede van die voorval is steeds vaag, maar dit blyk dat die man, wat van Da Gamaskop afkomstig is, reeds vroegoggend gaan stap het.
"Geen gemene spel word vermoed nie." Die identiteit van die man is nog nie bekend gemaak nie omdat sy familie hom eers moet uitken.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'