MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie vra die gemeenskap om met inligting na vore te kom, nadat polisielede gisteroggend op die liggaam van ‘n onbekende man afgekom het.
Polisiewoordvoerder, kapt Kappie Kapp sê lede van die misdaadvoorkomingseenheid was aandiens en was besig met patrollies toe hulle in KwaNonqaba om 02:00 gisteroggend, op Sondag, 29 November, toevallig die liggaam ontdek het.
By nadere ondersoek het die polisiebeamptes gesien dat die oorledene verskeie oop wonde gehad het.
Enigeen met meer inligting word versoek om die ondersoekbeampte, ao Moos, te kontak (079 894 1599).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'