MOSSELBAAI NUUS - Twee mense was in die woning in 16de Laan ten tye van 'n brand wat vanmiddag, 1 April, uitgebreek het.
Die Mosselbaai-nooddienste is om ongeveer 17:00 na die woning ontbied. 'n Liggaam is in die huis ontdek.
Munisipale woordvoerder, Cornelle Carstens sê die brand is intussen geblus.
Meer inligting is nie tans bekend nie.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’