Groot-Brakrivier-polisiebeamptes het op inligting van polisie-informante gereageer en na 'n liggaam gesoek. Menslike oorskot is na 'n uitgebreide soektog in Standerstraat in 'n dreingat gevind.
Alhoewel polisie 'n vermoede het dat die liggaam die van 'n vermiste persoon is wat 10 maande gelede as vermis aangemeld is, sal die identiteit van die oorledene eers bekend gemaak kan word hangende die uitslag van forensiese toets.