DANABAAI NUUS - Die Danabaai Bewarea het op Woensdag, 12 Februarie 'n strandskoonmaak gereël.
Go Dive Mossel Bay, Earth Legacy Foundation en plaaslike vrywilligers het saam met die bewarea gewerk om hengelgerei op Tweede Strand in Danabaai op te tel.
Die groep het hulself oor die strand versprei en rommel langs die sand en tussen die see se rotse naby die kus gaan soek.
Vrywilligers het geel plastieksakke gekry vir die versameling van seeafval, asook vorms om die verskillende items wat hulle gevind het in te vul.
Items het gewissel tussen weggegooi hengelgerei, plastiek, stukke net, visvangaas en vishoeke.
11 sakke met rommel is versamel.
Esther Jacobs van Earth Legacy Foundation en Go Dive Mossel Bay, het gesê dat 'n strandskoonmaak is 'n goeie geleentheid vir Go Dive-studente om seebewaring te leer en te beoefen.
'n Strandskoonmaak word elke twee maande gereël, afhangend van die weer.
Items het gewissel tussen vislyn, plastiek, stukke net, visvangaas en vishoeke. Foto: Gabriélla Siebritz
Aiden Deturris en Roman Louw, studente van Go Dive Mosselbaai skei 'n weggooide stuk visgerei. Foto: Gabriélla Siebritz
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’