MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se jongmense wat die afgelope vakansieseisoen as lewensredders op plaaslike strande ontplooi was, het die aandag van beide besoekers en inwoners getrek met die puik wyse waarop hulle hul van hul taak gekwyt het.
Inwoners was beïndruk met die vriendelikheid en professionele werkverrigting van die jongklomp wat, ondanks wind en weer, hul poste beman en moeilike situasies hanteer het. Die meeste van die voorvalle waar van hul dienste gebruik gemaak moes word, is volgens terugvoer die toedoen gewees van strandgangers wat nie ag geslaan het op die lewensredders se instruksies aan aanwysings van veilige swemareas nie.
"In die algemeen was die mense op die strande baie inskiklik om gehoor te gee aan opdragte, veral as ons verduidelik het dat dit vir hul eie veiligheid is," berig 'n lewensredder met wie die Mossel Bay Advertiser gesels het.
Lewensredders meen die goeie weerstoestande wat origens geheers het, het daartoe bygedra dat strande vanjaar druk besoek is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'