MOSSELBAAI NUUS - Lewensredders van verskeie Suid-Kaapse klubs het op 29 Desember, 2021 op Santosstrand op Mosselbaai hulde gebring aan lewensredders wat gesterf het.
Die pragtige gebeurtenis vind jaarliks plaas. Die seremonie behels dat die lewensredders inswem en net agter die brekers 'n sirkel vorm waar daar in stilte aan afgestorwe vriende gedink word.
Dan word rose gestrooi en almal swem weer uit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'