Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Terwyl gesamentlike patrollies van die onderskeie wetstoepassingsorganisasies ook op plaaslike strande voortgaan, het Mosselbaai Munisipaliteit verdere stappe geneem om strandgangers bedag te maak op opportunistiese misdadigers.
Benewens voetpatrollies daagliks vanaf 06:00 tot 18:00, is op Diasstrand 'n groot kennisgewing aangebring om te waarsku teen 'n misdaadknelpunt.
Die inisiatief is vandag met laagwater in samewerking met Mosselbaai Toerisme en op versoek van die Dias Buurtwag en Gemeenskapspolisiëringsforum geïmplementeer.
Strandgangers word gewaarsku teen opportunistiese misdadigers en versoek om nie waardevolle besittings met hulle saam te neem strand toe nie.
Kyk 'n video hieronder.
Strandgangers word gewaarsku teen opportunistiese misdadigers en versoek om nie waardevolle besittings met hulle saam te neem strand toe nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'