MOSSELBAAI NUUS - Inwoners, en veral besoekers aan Mosselbaai word gevra om te let op die drukplate op die padoppervlak wat verkeersligte by verkeerskruisings reguleer.
In Mosselbaai word die meeste verkeersligte geaktiveer wanneer voertuie die drukplaat aftrap.
Hierdie reëling vergemaklik verkeersvloei en 'n onnodige opeenhoping van voertuie by verkeerskruisings wanneer geen aankomende verkeer dit noodsaak dat gestop moet word nie.
Dit is ook 'n belangrike veiligheidsmaatreël by verkeerskruisings in risiko-areas aangesien drukplate só geplaas is dat die verkeerslig betyds geaktiveer kan word om te verhoed dat voertuie onnodig en lank op 'n rooi lig ag moet slaan.
"Daar word 'n beroep op motoriste gedoen om ag te slaan op die drukplate wanneer verkeersligte by verkeerskruisings genader word. Maak seker dat die voertuig se bande die drukplaat aktiveer sodat die verkeerslig geaktiveer kan word. Dit gebeur wel dat motoriste, soms uit onkunde, net kort van die drukplaat stop. Dit bring onnodige opeenhopings by verkeersligte mee aangesien die verkeerslig nie geaktiveer word nie," maan die munisipale woordvoerder, Colin Puren.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'