MOSSELBAAI NUUS - Anders as wat baie inwoners in Danabaai te kenne wil gee, geld 'n 40km/h spoedbeperking nie algemeen in die area nie.
Volgens terugvoer van die Mosselbaai-munisipaliteit geld 'n 80km/h spoedgrens in Floraweg vanaf Louis Fourieweg tot by die die vulstasie met nadering van Malvaweg waarna die 60km/h spoedgrens ter sprake is.
Al die strate in Danabaai is onderhewig aan ‘n 60km/h spoedbeperking, behalwe waar dit deur ‘n voorgeskrewe padverkeersteken wat dit as 40km/h aandui, verminder word.
Die strate waar die 40km/h van toepassing is, word aangedui deur die voorgeskrewe 40 km/h spoedbeperkingsteken.
Dit is ‘n wetlike vereiste.
Al die ander strate waar daar nie ‘n 40km/h teken vertoon word nie, is onderhewig aan 60km/h en word dienooreenkomstig dan as ‘n 60km/h sone aanvaar as die algemene spoedgrens vir ‘n binne stedelike gebied soos in die Nasionale Padverkeerswet, Wet 93 van 1996 vervat.
Inwoners en besoekers word bedag gemaak op die spoedgrense ter sprake, veral die 40km/h spoedgrens wat by spoedwalle ter sprake is.
Boonop word 'n dringende beroep op inwoners en besoekers gedoen om met die grootste omsigtigheid in die area te bestuur omdat heelwat meer voetgangers, veral kinders op fietse tans die strate gebruik.
Hierbenewens word 'n baie groot premie op die klein aantal wilde bokkies wat in die area voorkom geplaas.
Roekelose bestuurders het reeds twee van hierdie bokkies die afgelope week raakgery.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'