MOSSELBAAI NUUS - Op 24 Augustus is dit weer Lentefees by Fairview Farm Yard. Vanjaar begin verrigtinge met 'n fun run/doggiewalk (met of sonder hond) teen R20 en medaljes is op die spel.
Daarna volg 'n hondeskou teen R20 met verskeie pryse, onder meer vir grootste hond, kleinste hond, besgeklede hond, oulikste hond, beste look-alike en beste toertjie.
Die vermaak word verder geneem in 'n open stage waar kunstenaars genooi word om te kom wys wat in hulle steek - enige kunsvorm, hetsy musiek, voordrag of 'n opvoering, boekvoorlesing - die keuses is legio. Om die program te laat vlot, word versoek dat deelnemers vooraf met die organiseerders sal skakel.
'n Modeparade, ook teen R20 inskrywingskoste en met ses kategorieë elk vir mans en vroue is een van die hoogtepunte.
Verskeie stalletjies en ritte op 'n trekkersleepwa sal die jongklomp besig hou. Daarbenewens is 'n springkasteel beskikbaar en kan kinders die diere voer. Verskeie ander vorme van kindervermaak sal aangebied word.
Vir die hongeriges bied die potjiekoskompetisie tussen kerke of ministries lekker smulvermaak. Kostes beloop R100 per span van vier en elke span moet vyf bakkies kos verkoop ten bate van Kansa.
Die skuurfliek teen R50 per persoon vir die fliek en 'n keuse tussen 'n jaffel of sprngmielies en koeldrank, water, koffie of tee sluit die dag se vermaak gepas af. Toegang is 'n donasie vir Kansa.
Vir navrae, kontak 083 766 5722.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'