MOSSELBAAI NUUS - Die Goods Shed Markdag vind Sondag 1 September van 09:00 tot 14:00 plaas – geniet Lentedag sommer dáár.
Daar gaan ‘n verskeidenheid stalletjies wees wat nie elke dag binne The Goods Shed is nie soos leerprodukte, blomme gemaak van leer, mieregif, fietsies vir die tuin, mooi versierings vir binne en buite die huis, tweedehandse klere, handgemaakte items, gehekelde en gebreide items, vel- en haarprodukte, juwele, handgemaakte serpe en krale, wit olifant tafels, lekker ruik kerse, ingelegde vrugte en konfyte, hondeklere, -bykomstighede en -bakke.
Dan sal daar ook verskeie kossoorte wees om aan te peusel insluitend soetkoekies, koeksisters, pannekoek, chipstix, halloumi kaas, papballetjies, hamburgers, worsbroodjies en tjips, vetkoekvingers, breyani en samosas.
Staanplek vir stalletjies is verniet. Vir enige navrae oor dié Sondag-mark, kontak Melanie (072 837 8803).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’