GOURITSMOND NUUS - Die Leeufees wat op Saterdag, 3 September, by die Gouritz N2 Leeu Park gehou is om geld in te samel vir die Hessequa Drummajorettes Academy, was volgens die organiseerders 'n baie lekker kuier-geleentheid gewees.
Enige meisie in die Hessequa-gebied is welkom om aan te sluit by die Academy waar hulle belangrike lewensvaardighede geleer word.
Vele stalletjies en aktiwiteite soos trompoppie-vertonings, het vermaak verskaf, met sangers Mot & James van DJ Ossewa, wat bygedra het tot die feestelike atmosfeer.
Volgens Dalene van der Merwe, sekretaresse van die HDA, is hulle baie tevrede met die gemeenskap se ondersteuning en die fondse wat ingesamel is. "Ons sal definitief weer so 'n fees in die toekoms aanbied. Ons is veral baie dankbaar vir Vanie Oosthuizen van Albertinia Meubelvervoer wat die meisies se uniforms geborg het".
Tinus van den Berg, onder-burgemeester van Hessequa, bou gees saam met lede van die Hessequa Drummajorettes Academy.
Mot & James van DJ Ossewa se musiekvertoning het tot die feestelikhede bygedra.
Een van die kosstalletjies wat vir lekker eetgoed gesorg het.
Stalletjies by die Leeupark, Gouritz N2, tydens die Leeufees.
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'