MOSSELBAAI NUUS - Die ATKV Langsoustak, waaronder van die lede passievolle oud-opvoeders is, bied op 22 September 'n besonderse werkswinkel aan om lees onder kinder te stimuleer.
Sprekers tydens die geleentheid is Chareldine van der Merwe van die ATKV se Vriende van Afrikaans en Dokka Swart van Doen en Leer.
Die Langsoustak nooi lede van die gemeenskap om te kom saamgesles oor maklike, kreatiewe maniere om kinders so vroeg as moontlik aan die wêreld van woorde en stories bloot te stel.
Hierdie voorleeswerkswinkel is gemik op ouers, onderwysers en enige ander belangstellendes.
"Deur vir kinders voor te lees, kan jy hulle lewenslange lesers maak, maar ook sorg dat hulle optimaal sal kan leer."
Die werkswinkel word by Erika Primêre Skool vanaf 13:30 tot 15:00 aangebied.
Toegang is gratis en die werkswinkel is in Afrikaans.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'