Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Laerskool Hartenbos se Dolfyn Landsdiens het gister, op Vrydag, 21 Mei die Sleepathon by die Tuinroete DBV se tak op Mosselbaai ondersteun.
‘n Inwoner van Reebok, in samewerking met die DBV neem deel aan ‘n Sleepathon wat op die DBV se perseel vanaf 20 tot vandag, Saterdag 22 Mei gehou word.
Hierdie fondsinsameling is ‘n eerste van sy soort by die plaaslike DBV en Moller het ook gister sy 72ste verjaarsdag gevier.
Die leerders van die landsdiens het help fondse insamel en het ook onder meer kos aan die DBV geskenk. Die leeders het ook tyd met die diere by die DBV spandeer.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'